MAUREEN MARUD'S `n PARODIE
Vandag het Maureen Marud van die Argus haar status as die parodie van n joernalis, as die karikatuur van `n amper Tom Wolf – agtige literêre verskynsel oortref met haar “skokkende” Argus Action. Gedoriewaar. Wêreldnuus! Iemand op `n bus het “kaffer” gesê. En die iemand werk vir Interkaap Busdiens ! Hene nê !
Opsigself sou dit alreeds redelik onnoemenswaardig gewees het in n land waar minstens vyf miljoen wit mense nie dankbaar genoeg is (aldus Tutu) vir die feit dat hulle vir hulle sondes teen die mensdom vergewe is deur die ruimhartige swartmense sonder dat hulle die “prys” hoef te betaal nie. Ons hoor daagliks nie net dat wit mense rassiste is nie, maar ook dat rassisme per definisie die geloof van wit mense is dat swart mense minderwaardig is; en dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie omdat hulle nie in hulle opinies in n kultuur van onderdrukking van die wittes oortuigend kan handhaaf in die praktyk nie. Plastiese denke op sy beste.
Die groot nuus wat die arme Marud vandag rapporteer, is dat Interkaap nie “outraged” genoeg was toe hulle van die beweerde “vloekwoord” se gebruik ingelig is nie. In stede daarvan dat die dame op die telefoon, ten tyde van James Costello se oproep wat haar van die gruweldaad ingelig het, haar humeur heeltemal verloor het, en saam met Costello die een reëndans na die ander gedans het om die sondaar en sy onbehoorlik bevoordeelde rassistiese nasate tot die sewende geslag te vervloek in n ekstase van skok en verbasing, was die arme dame te professioneel en was sy “eers nie geskok nie”.
Die resultaat was dat die vent (glo `n komediant) so ontsteld was omdat hy nie sy stokkielekker en goue ster op die voorkop gekry het na hy iemand wat Old Speak gepleeg het verkla het nie, dat hy die wonderlikste moeite gedoen het om die mense van Interkaap twaalf keer te bel in twaalf uur; twaalf keer! En hy is nog meer “outraged” vandag, omdat hulle sewe dae geneem het om hom te laat weet dat hy hulle asseblief nou moet uitlos omdat hulle besig is met `n interne ondersoek. En toe spat dit eers: “ hulle is seersekerlik besig met n “cover up” want hy moet nou glo n beëdigde verklaring ingee. Hoe durf hulle die nuwe Arbeidswet gehoorsaam ? Hoe durf hulle die “vloekende rassis” sy regte in terme van die Arbeidswet toereken? Hy het sekerlik nie regte nie. Hy’t dan “kaffer” gesê!”
Of so beweer die sogenaamde komediant met die samesweringsteorie. En snaaks, volgens sy weergawe het hy Interkaap 12 keer in twaalf uur gebel, en dit toe gelos. En toe – na sewe dae – toe pluk hy uiteindelik die ou tipiese voorstedelike Kaapse dreigement uit: “media ! polisie ! Fok die verkragters. Ek ken `n ou op n bus wat sewe dae terug agter iemand se rug “kaffer” kwytgeraak het.”
En toe is hy te “tough & outraged” om gemanierd genoeg te wees om te luister wat Interkaap vir hom probeer sê oor die foon. Snaaks nê. Hy is die een wat n ondersoek vra, die “kaffer” prater wil laat vervolg, maar hy is die een wat die ondersoek na die insident belemmer deur te weier om te getuig omdat hy sy “gat” gewip het oor die prosedures wat gevolg word en die tyd wat dit neem. Hy vereis onmiddellike “bundu justice” of niks nie.
Om alles te kroon, is hy so “outraged” dat hy die gebrek aan `n storie vir die sukkelende Marud oorvertel, en om alles te kroon is daar een of ander verskoning vir n redakteur wat reken “dis `n storie”. En dis die boodskap wat ons die wêreld instuur: Interkaap se drywer sê (na bewering) “kaffer” en Interkaap durf om prosedures te volg, nie van die haat en nyd te skuim om die mond nie, en te versoek dat die een wat die storie aandra n verklaring in die verband moet indien.
Presies hoe Marud dit as n storie beskou verstom my soos gewoonlik. Uit persoonlike ervaring weet ek dat sy nie net `n boelie is nie, maar ook die feite vervals ten einde skokwaarde te manufaktureer. Marud is gewoon n parodie; die storie is `n skrikwekkende bewys van hoe fascisties die nuwe Suid-Afrika met sy Pan Suid - Afrikanisme reeds geword het. Ons media probeer nou selfs voorskryf hoe emosioneel ontsteld woordvoerders van maatskappye moet raak as “hansworse” hulle skakel met geheime inligting dat hulle personeel “kaffer” kwytgeraak het.
In n land waar 55 000 mense per jaar vermoor word en net 1.5% van die moordenaars agter tralies opeindig, waar amper sestigduisend vroue per jaar verkrag word, ensomeer, is die gedagte dat die Polisie iemand moet vervolg oor hy n rassistiese opmerking gemaak het sover dit een of ander hanswors aangaan, wat bygesê nêrens beweer dat hy verdere getuies het om sy storie te staaf nie, n aanduiding van presies hoe misplaasd hierdie sg. nuwe moraliteit is. Ek gee nie n jota of n tittel om of die woord nou al die katastrofes van apartheid en al die lyding van Jeremia reflekteer in n gepolariseerde nasie vol skuld bla bla bla nie. Dit bly belaglik dat die indruk geskep word dat die polisie van Kaapstad die polisie waar ook al die insident plaasgevind het, met so `n storie moet belas. Net ongeveer 24 mense sal verkrag en vermoor word in die tyd wat die hanswors se klag ondersoek word. En daar’s op die feite wat die arme Marud hier vervaardig, nie eers n kans in `n honderd jaar dat die saak tot in die hof sou kom nie. Dis die hanswors se woord teen die drywer s’n. En die maatskappy is verplig om nie na elke hanswors se swanesang mense links en regs te dissiplineer nie. Redelike reaksie, redelike prosedure; beredeneerde respons. Dis waaroor die demokratiese Suid-Afrika moes gegaan het . Nie n skuldigbevinding in die media van die werkgewer van iemand wat volgens `n hanswors iemand anders ver ver van hier af na bewering “kaffer” genoem het nie.
Van een ding is ek seker. Ek lag vir James Costello, so hy moet seker n komediant wees. En vir Marud. Van haar kan ek net sê, dat dit goed is dat die nuwe Suid-Afrika `n konstitusie het wat seker maak dat ek verstaan dat sy my gelyke is. Anders weet ek darem nie.
Stellenbosch
Woensdag 10 Mei 2006
00h20